Floroma Old Aged Home
Home
Contact
Frail
Cottages
Other services
Photos
Latest News
Thanks
Fund Raising Appeal
Lions Klub


Die Lions Klub van Weltevreden is vir die laaste paar maande aktief betrokke by die Floroma Ouetehuis in Roodepoort.  Lion Ilsa Burnett het bewus geraak van die voortdurende tekort aan vars vrugte en groente.  Die Lions klub het dadelik besluit om ‘n Maandelikse begroting vir hierdie doel beskikbaar te stel.  Vanaf Mei maand word daar een keer per maand vroeg opgestaan, na die Johannesburg se Vars Produkte Mark gegaan, en ‘n Bakkie en sleepwaentjie vol groente en vrugte gekoop en afgelaai tot die groot vreugde van die inwoners van Floroma.

Na die derde besoek het die betrokke Lions ook bewus geraak van die tekort aan Ontsmettingsmiddels en Toiletware in die Verswakte sorg-eenheid. Weerens is die klub genader en vanaf einde Julie word daar nou ook in hierdie behoeftes voorsien.  Klub President Hennie Cilliers sê:  “Wat ‘n voorreg om hulle waaruit ons soveel rykdom aan kennis en léwe kon put, nou te kan help versorg.

As jy ook deel wil wees van hierdie unieke organisasie en klub waar ons nie net hard werk nie, maar ook heerlik kuier, deel is van opwindende situasies en boonop ons naaste tot diens kan wees, kontak asseblief vir (Lion) Danny Burnett 083 258 6359 of (Lion) Wessel Dippenaar 083 443 0477.



This website is sponsored by Envy Graphics

www.NVG.co.za